Noordpolderzijl
From Wikipedia, the free encyclopedia
Noordpolderzijl (Gronings: Polderziel) is ’n gehuggie in die munisipaliteit Het Hogeland in die provinsie Groningen in Nederland. Zijl is die Groningse woord vir sluis.
Kitsfeite Noordpolderzijl Polderziel, Land ...
Noordpolderzijl Polderziel | |
---|---|
Dorp | |
Die Zielhoes | |
Koördinate: 53°25′56″N 6°34′59″O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Groningen |
Munisipaliteit | Het Hogeland |
Sluit
Agter die sluis lê die kleinste hawe van Nederland. 'n Paar vissersbote met die letterkombinasie UQ, (vir Usquert), het Noordpolderzijl as tuishawe. Die ou sluiskantoor, die Zielhoes, is deesdae die kafee.