North Head-vuurtoring, Saldanhabaai
vuurtoring in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die North Head-vuurtoring in Saldanhabaai is 'n 21 meter (70 voet) hoë ronde betontoring met 'n fokale vlak van 34 m (112 voet).[1] Dit is geverf met swart en wit spriaalbande en lewer drie wit flitse elke 20 sekondes.[2] Die vuurtoring staan op die noordelike oewer, by die ingang van Saldanhabaai-hawe. Dit is een van twee vuurtorings by die ingang van die hawe. Die ander toring is die South Head-vuurtoring aan die suidelike kant van die hawe-ingang. Die reguit lyn tussen die twee vuurtorings is die amptelike aankomslyn vir skepe wat die hawe binnegaan.[3]