From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oeraalse taalfamilie bestaan uit ongeveer 30 verwante tale wat deur knap 25 miljoen mense gepraat word hoofsaaklik in Oos- en Noord-Europa en in Noordwes-Asië. Die mees gesproke tale behoort tot die Fins-Oegriese subgroep. Dit sluit in Fins, Estnies, Hongaars en Samies. Saam met die Samojeedse taalgroep vorm hulle die Oeraalse tale.
Oeraalse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Oostelike en Noordelike Europa, Noord-Asië |
Genetiese klassifikasie: |
'n Aantal voorstelle wat Oeraals met ander taalfamilies koppel, soos Indo-Oeralies en Nostraties is al gemaak, maar al die teorie is tans omstrede Oeraalse tale |
Onderafdelings: | |
Verspreiding van Oeraalse tale |
Fins-Samies
Sami Fins Estnies Volgaïs Karelies Mari Erzja Permies Moksja Oedmoerts Komi-Sirjeens Komi-Permjaaks |
Oegries
Hongaars Ostjaaks Samojeeds Wogoels Enets Nenets Nganasaans Selkoeps |
Die Oeraalse taalfamilie is 'n verspreide en gefragmenteerde taalgroep wat strek van die Oosseestrande tot by die Jenisejrivier en die Tajmyr-Skiereiland in Siberië. Verder is Hongaars 'n westelike uitlêer.
Tipologies verskil die Oeraalse tale wyd, maar 'n paar gemene eienskappe kan wel geïdentifiseer word: 'n ryk agglutinerende morfologie, veral 'n ryk naamvalstelsel met tot 20 naamvalle in sommige tale, ontkenning word met hulpwerkwoorde bewerkstellig en sommige van die tale word gekenmerk deur vokaalharmonie.
Die benaming Oeraalse tale word sedert die vroeë 18de eeu gebruik, en is gegrond op die feit dat meeste van die tale hulle naby die Oeralgebergte bevind, op die grens van Asië en Europa. Die gemene oorsprong van die Oeraalse tale, dus protooeraals, is waarskynlik in sentraal of suidelike Oeralomgewing. Hierdie aangenome oertuiste was bepalend vir die taalfamilie se naam. Die proses waarvolgens die verskillende Oeraalse taalgroepe verdeel het en die migrasie daarvan na latere verspreidings het waarskynlik te minste 6000 jaar gelede begin.
Die wetenskap wat die studie van die Oeraalse tale en gepaargaande kultuur behels staan bekend as Oeralistiek (Duits: Uralistik) en die wetenskappe van die twee hoof takke Fins-Oegristiek (Duits: Finnougristik)[1] en Samojedistiek.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.