Old Street-stasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Old Street is 'n trein- en moltreinstasie by die sameloop van Old Street en City Road net noord van die City of London wat deur treine van National Rail en moltreine van London Underground se Northern line bedien word. Die stasie is in Londen se Travelcard-sone 1 naby die grens tussen die administratiewe distrikte Islington en Hackney geleë.
Old Street-stasie
National Rail
TfL-webtuiste
Die stasie maak deel uit van die Bank-tak van London Underground se Northern line-moltreinroete tussen die stasies Moorgate en Angel.