From Wikipedia, the free encyclopedia
Olifantvoëls is lede van die uitgestorwe familie Aepyornithidae. Hulle was van groot tot enorme loopvoëls wat eens op die eiland Madagaskar voorgekom het. Hulle het omstreeks 1000 tot 1200 n.C. uitgesterf om onsekere redes, hoewel menslike bedrywighede vermoedelik die oorsaak was. Olifantvoëls het uit die genera Mullerornis en Aepyornis bestaan. Aepyornis was van die swaarste voëls. Hoewel hulle geografies na aan die volstruise voorgekom het, is hul naaste verwante die kiwi,[1] wat daarop dui dat loopvoëls nie gediversifiseer het tydens die opbreking van Gondwana nie, maar eerder ontwikkel het uit voorouers war meer onlangs versprei het deur te vlieg.[2]
Olifantvoëls | |
---|---|
’n Geraamte en eier van Aepyornis maximus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Superorde: | Palaeognathae |
Orde: | †Aepyornithiformes |
Familie: | †Aepyornithidae |
Genera | |
|
Die olifantvoëls was reuseloopvoëls inheems aan Madagaskar wat sedert minstens die 17de eeu uitgestorwe is. Étienne de Flacourt, ’n Franse goewerneur van Madagaskar in die 1640's en 1650's, noem volstruisagtige voëls wat glo in onbewoonde gebiede voorgekom het, hoewel dit onduidelik is of hy volksverhale herhaal het wat van vroeëre geslagte oorgedra is. In 1659 het Flacourt geskryf oor die "vouropatra – ’n groot voël wat eiers soos dié van ’n volstruis lê; sodat die mense van hierdie plekke dit nie vat nie, soek dit die eensaamste plekke uit".[3][4] Marco Polo het ook in die laat 13de eeu tydens sy reise na die Ooste stories gehoor van baie groot voëls op Madagaskar. Daar word geglo dié beskrywings was van olifantvoëls.[5][4]
Tussen 1830 en 1840 het Europese reisigers in Madagaskar reuse-eiers en -doppe gesien.[4] Engelse waarnemers was meer geneig om die beskrywings van die reusevoëls te glo omdat hulle die moa van Nieu-Seeland geken het. In 1851 het die Franse wetenskapakademie drie eiers en ’n paar stukke been ontvang.[4] Sommige van die eiers was tot 34 cm lank, die grootste soort voëleiers wat nog gevind is.[6] Hulle het sowat 10 kg elk geweeg.[7] Die volume van die eiers was omtrent 160 keer so groot as dié van hoendereiers.[8]
Aepyornis, wat vermoedelik meer as 3 m hoog was en miskien sowat 350 tot 500 kg geweeg het,[9][10][11][12][4] was in dié stadium die wêreld se grootste bekende voël.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.