Karboon

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Karboon is ’n geologiese periode van die Paleosoïese Era wat strek van die einde van die Devoon sowat 358,9 miljoen jaar gelede tot die begin van die Perm sowat 298,9 miljoen jaar gelede. Die naam kom van die Latynse woord carbo (steenkool) en is in 1822 deur die geoloë William Conybeare en William Phillips geskep.[1] Dit verwys na die feit dat steenkool wêreldwyd in dié periode gevorm is.[2] Die Karboon word dikwels in Amerika verder ingedeel in die vroeër Mississippium- en die latere Pennsylvanium-periode.[3] Die Karboon is ook ’n chronostratigrafiese sisteem van die Paleosoïese erateem.

Meer inligting Periode/ sisteem, Epog/ serie ...

Lewe op land was goed gevestig teen die aanbreek van die Karboon. Amfibieë was hier die oorheersende gewerweldes. Een van dié takke sou eindelik ontwikkel in reptiele, die eerste ten volle landgewerweldes. Geleedpotiges was ook algemeen en baie was groter as dié van vandag. Groot woude het die land bedek en sou later die steenkoolbodems vorm wat kenmerkend van die Karboon was. ’n Klein uitwissing, die Karboon-reënwoud-instorting, het in die middel van die periode plaasgevind weens ’n verandering in klimaat.[4]

In die laaste deel van die periode was daar ysvorming, lae seevlakke en bergvorming terwyl die kontinente gebots het om die superkontinent Pangaea te vorm.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads