Onder-Sabie
ruskamp in suidelike Krugerwildtuin / From Wikipedia, the free encyclopedia
Onder-Sabie is 'n groot ruskamp in die Krugerwildtuin aan die suidelike oewer van die Sabierivier, omtrent in die middel van die suidelike deel van die park. Dit is verbind aan die hoofkamp Skukuza deur die H4-1 teerpad (43 km), gereken die besigste roete in die wildtuin, veral gedurende naweke en skoolvakansies.
Onder-Sabie | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Naaste dorp | Komatipoort |
|
|
Koördinate: 25°7′11″S 31°54′54″O | |
Hoogte | 174 m[1] |
Openingsjaar | 1930s[2] |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | www |
Onder-Sabie het 'n gedaanteverwisseling ondergaan sedert die vorige restaurant afgebrand het, ten spyte daarvan dat dit een van die oudste kampe in die park is. 'n Moderne restaurant en nuwe winkel is gebou, en die kamp het 'n paar safaritente wat dit die gevoel van 'n Afrikaboskamp gee. Die kamp is op die oewer van die Sabierivier uitgelê en besoekers kan in hul stoele op die groot restaurantstoep sit en die groot aantal wild by die rivier besigtig.