Die Oribiravyn (Engels: Oribi Gorge) is ’n canyon in die suide van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, net wes van Port Shepstone en sowat 120 km suid van Durban. Die ravyn, wat deur die Mzimkulwanarivier uitgekalwe is, is die oostelikste van die twee ravyne wat deur die Oribivlakte van KwaZulu-Natal sny. Die westelike ravyn is deur die Mzimkulurivier uitgekalwe. Die Oribiravyn is sowat 400 m diep en tot amper 5 km breed.

Thumb
Die Oribiravyn.
Thumb
’n Hangbrug oor die Oribiravyn.

Erosie deur hierdie twee riviere het skouspelagtige klowe en rotse oor byna 30 km gevorm wat deur suptropiese plantegroei bedek word.[1] Die digte woud in die ravyn is die tuiste van verskeie klein soogdiere, terwyl waterlikkewane aan die rivieroewers hou.[2]

Die ravyn kry sy naam van die Ourebia ourebi (oorbietjie), ’n wildsbokkie wat in die ravyne aangetref word.

Oribiravyn-natuurreservaat

Die Oribi Gorge-natuurreservaat is 1 837 hektaar groot. Dit lê 24 km weerskante van die uMzimkulwana-riviervallei, by die sameloop van die Mzimkulu- en Mximkulwanarivier. Die hoogste punt in die reservaat is 680 m bo seevlak.[3]

Diere in die ravyn

Benewens waterlikkewane en oorbietjies, sluit gewerweldes in die bosbok, duiker, ribbok, blouaap, Samango-aap en verskeie soorte paddas en skilpaaie.[4]

Verwysings

Skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.