Panenteïsme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Panenteïsme (“Pan” = Alles, “en” = in, “teïsme” = God) glo dat God in alles is en alles is in god. God is meer as alles, dus god is transendent (bo-sinnelik; wat die grense van die ervaring oorskry; onkenbaar; onvatbaar) en tog is alles in god, dus immanent (inwonend, byblywend, aanklewend, nie transendent nie); god is hier en is tog meer as alles. “Die aarde versorg my as 'n herder” pas ook by hierdie siening. Dit lyk na 'n tipe kompromie tussen teïsme en panteïsme, maar baie nader aan laasgenoemde as eersgenoemde.
In teenstelling met panteïsme beteken panenteïsme nie dat die heelal sinoniem is met God nie. In plaas daarvan aanvaar die panenteïsme dat God meer is as die heelal: God is beide transendent en immanent. In baie teologiese vorme word God dus gesien as die skepping, die universele moraliteit en die skepper daarvan. Die Duitse filosoof Karl Krause (1781-1832) het die term in 1828 bekendgestel.[1]