Papenkuilsrivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Papenkuilsrivier is geleë in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die rivier het 'n opvanggebied van ongeveer 600 vierkante kilometer, en mond uit in Algoabaai in die Indiese Oseaan, 5 kilometer noord van Port Elizabeth se middestad. Vir die laaste 3 kilometer voor die monding, loop die rivier deur die industrieële areas van North End en Deal Party, waar die rivier gekanaliseer is met beton.[1]
Kitsfeite
Papenkuilsrivier | |
---|---|
Oorsprong | Oos-Kaapprovinsie |
Monding | Indiese Oseaan |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Sluit