Parks Tau
Suid-Afrikaanse politikus / From Wikipedia, the free encyclopedia
Mpho Franklyn Parks Tau is 'n Suid-Afrikaanse politikus en 'n lid van die regerende African National Congress (ANC). Hy was voorheen die adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede in die Suid-Afrikaanse regering, en 'n lid van die parlement. Tau was ook voorheen die burgemeester van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit.[1]
Kitsfeite Voorafgegaan deur, Adjunkminister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede ...
Parks Tau | |
Tau in 2018 | |
LUK vir Ekonomiese Ontwikkeling van Gauteng | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 9 Desember 2020 | |
Voorafgegaan deur | Morakane Mosupyoe |
---|---|
Adjunkminister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede | |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 2 Desember 2020 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Minister | Nkosazana Dlamini-Zuma |
Voorafgegaan deur | Andries Nel |
Burgemeester van Johannesburg | |
Ampstermyn 26 Mei 2011 – 22 Augustus 2016 | |
Voorafgegaan deur | Amos Masondo |
Opgevolg deur | Herman Mashaba |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Mpho Franklyn Parks Tau 6 Junie 1970 (1970-06-06) (53 jaar oud) Orlando, Soweto |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Pilisiwe Twala-Tau |
Kind(ers) | 4 |
Sluit
Op 2 Desember 2020 het die premier van Gauteng, David Makhura, Tau in sy kabinet aangestel as Lid van die Uitvoerende Komitee (LUK) vir Ekonomiese Ontwikkeling van Gauteng.[2] Hy is op 9 Desember ingesweer.[3]