From Wikipedia, the free encyclopedia
Partenogenese (van die Griekse woorde παρθένος parthenos, "maagd", en γένεσις genesis, "skepping") is ’n natuurlike vorm van aseksuele voortplanting waar die embrio groei en ontwikkel sonder dat bevrugting plaasgevind het. Dit woord ook maagdelike voortplanting genoem.
By diere beteken partenogenese die ontwikkeling van ’n embrio uit ’n onbevrugte eiersel. By plante word dit apomiksie genoem.
Partenogenese kom natuurlik voor by baie plante, sommige ongewerwelde dierspesies (insluitende rondewurms, watervlooie, sommige skerpioene, plantluise, sommige myte, sommige bye en sommige perdebye) en ’n paar gewerweldes (soos sommige visse,[1] amfibieë, reptiele[2][3] en enkele voëls.[4])
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.