From Wikipedia, the free encyclopedia
Die pascal (simbool: Pa) is die SI afgeleide eenheid van druk.[1] Interne druk, spanning, Young se modulus, en breekkrag word almal in pascal gemeet. Dit word gemeet in krag per eenheid area, gedefinieer as een newton per meter kwadraat. In alledaagse lewe word die pascal waarskynlik die beste geken vanaf die meteorologiese gebruik daarvan in barometriese verslae, waar dit voorkom in die vorm van hektopascal (1 hPa = 100 Pa) of kilopascal (1 kPa = 1 000 Pa).[2] 'n Ander algemene gebruik daarvan is by fietsbande se etikette.[3] Een kilopascal stem ooreen met ongeveer 1% atmosferiese druk by seespieël. Een hektopascal is ekwivalent aan 1 millibar; een atmosfeer is presies gelyk aan 101,325 kPa.
Druk = Krag per area
In terme van eenheidsimbole:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.