Pasjtoe
taal / From Wikipedia, the free encyclopedia
Pasjtoe (پښتو, Pax̌tō, [paʂto]), histories bekend as Afghani (افغاني) of Pathani, is 'n Irannese taal wat deur sowat 50 miljoen mense in Afghanistan, Pakistan en Iran gepraat word. Dit vorm saam met Dari (Persies) die amptelike tale van Afghanistan. Daarbenewens dien Pasjtoe as ampstaal van die Pakistanse provinsies van Khyber Pakhtunkhwa, Beloetsjistan en die Federaalgeadministreerde stamgebiede. Pasjtoe word met die Arabiese alfabet geskryf.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Pasjtoene.
Kitsfeite Pasjtoe پښتو, Pax̌tō, Amptelike status ...
Pasjtoe پښتو, Pax̌tō | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [paʂto] | |
Gepraat in: | Afghanistan Pakistan Iran | |
Gebied: | Wes-Asië | |
Totale sprekers: | 50 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Oos-Irannees Pasjtoe | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Afghanistan | |
Gereguleer deur: | Akademie van Wetenskappe (Afghanistan) Pasjtoe-Akademie (Pakistan) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ps | |
ISO 639-2: | pus | |
ISO 639-3: | pus | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit