From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Petsjora (Russies: Печо́ра; Komi: Печӧра; Nenets: Санэроˮ яха) is 'n groot noord-vloeiende rivier in die Europese deel van Rusland. Dié rivier, met 'n lengte van 1 809 km (1 124 myl), ontspring in die noordelike Oeralgebergte in die Republiek van Komi. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Republiek van Komi en bereik Woektyl. Vanaf hier vloei die Petsjora eers in 'n noordwestelike rigting deur Petsjora, later in 'n suidwestelike rigting en dan in 'n noordelike rigting. Noord van Narjan-Mar, Nenetsië, mond dié rivier in 'n delta in die Petsjorasee, 'n randmeer van die Barentssee, uit.[1]
Petsjora | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Petsjora | |
Die stroomgebied van die Petsjora | |
Oorsprong | Oeralgebergte, Republiek van Komi, Rusland |
Monding | Nenetsië, Rusland Petsjorasee (Barentssee) |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 809 km (1 124 myl) |
Oorspronghoogte | 630 m (2 067 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 4 100 m³/s (145 000 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 322 000 km² (124 500 myl²) |
Kaart van die Petsjora-bekken in Europa |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.