Plaag van Athene
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die plaag van Athene ( Ancient Greek: Loimos tôn Athênôn) was 'n epidemie wat verwoesting in die stadstaat Athene, in antieke Griekeland gesaai het. Dit het tydens die tweede jaar van die Peloponnesiese oorlog (430 vC), toe dit gelyk het of 'n Atheense oorwinning nog binne bereik was, plaasgevind. Die plaag het na raming 75,000 tot 100,000 mense laat sterf. Daar word vermoed dat die plaag die hoofstad van Athene deur Piraeus, die stad se hawe en die enigste bron van voedsel en voorrade, bereik het.[1] Die siekte het ook by 'n groot gedeelte van die oostelike Middellandse See-area uitgebreek, maar met minder skadelike impak.[2] Die plaag het ernstige gevolge vir die samelewing van Athene gehad. Dit het tot wetteloosheid en 'n verlies van geloof gelei. Dit het daartoe aanleiding gegee dat nie-burgers, wat beweer het dat hulle Atheners was, swaarder gestraf is. Die plaag het weer twee keer teruggekeer, in 429 v.C. en in die winter van 427/426 v.C. Daar word beweer dat ongeveer 30 patogene die plaag veroorsaak het.[3]