doelbewus gefabriseerde valsheid wat gemaak is om dit as die waarheid voor te doen From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Poets (Engels: hoax) is 'n grap of streek wat getrek word. Dit kan verskeie vorme aanneem, soos: roemers wat versprei word, gefabriseerde inligting waarmee mense op April-gekkedag vir die gek gehou word en bedrieglike e-posse wat valshede op die Internet versprei.
Die gevolge van 'n poets kan wissel van minder ernstig ('n grap) tot algemene paniek en skadelike optrede deur persone wat geteiken word. Die ernstige gevalle kan die aanhitser van 'n poets selfs strafregtelik vervolg word.
Poetse is veral algemeen op die Internet waar disinformasie maklik aan honderde persone op 'n keer gestuur kan word. Van die algemene voorbeelde sluit in e-posse wat aandui dat die ontvanger miljoene rande gewen het, gekies is om 'n eregraad te ontvang, of dat geld van sy rekening verhaal is. Die doel van sulke e-posse is dikwels om die persoon se e-posadres en ander persoonlike inligting te bevestig of 'n virus te versprei. In ekstreme gevalle kan persone selfs oorreed word om hulle wagwoorde, kredietkaartnommers en ander sensitiewe inligting vir die pleeg van bedrog te bekom.
In 2003 het verskeie Chinese en Suid-Koreaanse webwerwe beweer dat CNN gerapporteer het dat Bill Gates, die stigter van Microsoft, vermoor is. Die gevolg was dat die Suid-Koreaanse aandelemark met 1,5% geval het.[1]
Die e-pos het aangedui dat Bill Gates se geld verdeel gaan word en dat almal wat op die e-pos reageer 'n duisend euro sal ontvang. Die e-pos lyk eg en dui ook aan dat sommige mense (na bewering) reeds geld ontvang het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.