Pollux
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pollux (ook bekend as Beta Geminorum of β Gem) is ’n oranjekleurige, geëvolueerde reusester sowat 34 ligjare van die Son af in die noordelike sterrebeeld Tweeling (Gemini). Dit is die helderste ster in die Tweeling en die naaste reusester aan die Son.
Kitsfeite
Pollux
| ||||
Pollux se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Tweeling | |||
Bayer-naam | Beta Geminorum | |||
Spektraaltipe | K0 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 07h 45m 18.94987s[2] | |||
Deklinasie | +28° 01′ 34.3160″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,14[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 1,08[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,00[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,86[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,91[5] | |||
Radius (R☉) | 8,8[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 43[7] | |||
Ouderdom (jaar) | 724 miljoen[8] | |||
Temperatuur (K) | 4 666[6] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 2,8[9] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,07 tot +0,19[6] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Vermoed[10] | |||
Ander name | ||||
78 Geminorum, BD+28°1463, GCTP 1826.00, Gliese 286, HD 62509, HIP 37826, HR 2990, LFT 548, LHS 1945, LTT 12065, SAO 79666. | ||||
|
Sluit
Die ster se spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[11] In 2006 is bevestig die eksoplaneet Pollux b, of β Geminorum b (later Thestias genoem), wentel om Pollux.[6]