From Wikipedia, the free encyclopedia
Johannes XI was die 125ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Johannes XI is gebore in Rome, Italië, die seun van Marozia en vermoedelik ook van Pous Sergius III [1] ("Johannes, natione Romanus ex patre Sergio papa", "Liber Pont." ed. Duchesne, II, 243). Ander bronne verklaar dat hy die seun is van Alberic I, koning van Italië.[2] Indien Johannes wel die seun van Pous Sergius III was, is hy die enigste buite-egtelike seun van 'n pous wat ooit pous geword het. Pous Silverius was die seun van Pous Hormisdas uit 'n wettige huwelik. Voor sy verkiesing was Johannes kardinaal-priester van Santa Maria in Trastevere. In Februarie of Maart 931 volg hy Pous Stefanus VII (VIII) op en regeer tot sy dood in Desember 935 of Januarie 936. Hy word opgevolg deur Pous Leo VII. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pous Johannes XI staan sterk onder die invloed van sy ma, Marozia. Hy het die hervorming van die kloosterlewe gesteun, veral die van die klooster van Cluny.
Toe Marozia in die somer van 932 weer trou met haar swaer, koning Hugo van die Provence, het die pous se jonger halfbroer koning Alberic II in Desember, die pous en sy moeder gevange geneem.[3] Johannes se mag is beperk tot kerklike sake en hy moes na Alberic se pype dans. Hy moes die patriarg van Konstantinopel en aartbiskop Artold van Reims in 933 vereer met die pallium.
Die pous is dood gedurende sy gevangeskap.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.