Prins Leopold, die Hertog van Albany (Leopold George Duncan Albert; 7 April 1853 – 28 Maart 1884) was ’n seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha. Leopold het later die titels Hertog van Albany, Graaf van Clarence en baron Arklow gekry. Hy het hemofilie gehad en dit het eindelik tot sy dood gelei.

Kitsfeite Volle naam, Eggenote ...
Prins Leopold
Hertog van Albany
Thumb
Volle naam Leopold George Duncan Albert
Eggenote Prinses Helena van Waldeck en Pyrmont
Kinders Prinses Alice, Gravin van Athlone
Charles Edward, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha
Titels SKH die Hertog van Albany
SKH prins Leopold
Huis Huis van Sakse-Koburg en Gotha
Vader Albert van Sakse-Koburg en Gotha
Moeder Victoria van die Verenigde Koninkryk
Gebore 7 April 1853
Oorlede 28 Maart 1884
Sluit

As die seun van ’n Britse monarg het hy van geboorte af die titel SKH prins Leopold gehad. Sy ouers het hom genoem na koningin Victoria se oom koning Leopold I van België.

Huwelik

Weens sy hemofilie het hy moeilik ’n vrou gekry. Nadat verskeie vroue sy huweliksaanbod van die hand gewys het, het sy ma tussenbeide getree. Sy het ’n ontmoeting met prinses Helena van Waldeck en Pyrmont, die dogter van Georg Viktor, Prins van Waldeck en Pyrmont, gereël. Op 27 April 1882 is hulle getroud in die Sint George-kapel in Windsor-kasteel. Hulle was gelukkig, maar kort getroud.

Hulle het twee kinders gehad: Prinses Alice, Gravin van Athlone en Charles Edward, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha.

Dood

In Februarie 1884 is die prins na Cannes, Frankryk, omdat die warmer klimaat die gewrigspyn weens sy hemofilie sou verlig. Sy vrou, wat toe swanger was, het tuis gebly maar hom aangemoedig om te gaan. Op 27 Maart het hy gegly en geval in die seiljagklub in Villa Nevada, Cannes. Hy het sy knie beseer en ernstige kopbeserings opgedoen en is in die vroeë oggendure van die volgende dag aan breinbloeding dood.

Deur sy seun, Charles Edward, wat vier maande na Leopold se afsterwe gebore is, is Leopold die oupagrootjie van die huidige koning Carl XVI Gustaf van Swede.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.