Albert, prinsgemaal

From Wikipedia, the free encyclopedia

Albert, prinsgemaal
Remove ads

Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha (Francis Albert Augustus Charles Emmanuel' 26 Augustus 1819 – 14 Desember 1861), later SKH die Prinsgemaal, was die eggenoot van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk. Talle geboue en plekke is na hom genoem, onder ander die Albert Memorial, die Albert Hall en die Victoria & Albert Museum in Londen.

Kitsfeite Volle naam, Eggenote ...
Remove ads

Lewe

Hy was 'n Duitse boorling wat in die Saksiese hertogdom van Sakse-Koburg-Saalfeld gebore is. Sy familie het bande met baie van Europa se koningshuise gehad. Op 20-jarige ouderdom trou hy met sy niggie, koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk, by wie hy nege kinders gehad het.

Hy het in kuns, musiek, wetenskap en die nywerheid belanggestel. In 1851 reël hy die Groot Tentoonstelling in Londen. Dit was 'n groot sukses en het sy gewildheid in Engeland aangehelp.

Remove ads

Dood

Die prinsgemaal is op 14 Desember 1861 aan ingewandskoors dood weens die swak sanitêre toestand in Windsor-kasteel. Sy dood het Victoria baie swaar getref nadat haar ma vroeër in die jaar dood is.[1] Sy het ’n routydperk betree en vir die res van haar lewe swart gedra. Sy het min in die openbaar verskyn en die volgende paar jaar min in Londen gekom. Haar afsondering het haar die bynaam "Weduwee van Windsor" besorg. Sy het haar seun Edward, die Prins van Wallis, vir sy pa se dood blameer – Albert het in November gehoor van Edward se swak gedrag en het na Cambridge gereis om sy seun te konfronteer.[1]

Ná koningin Victoria se dood in 1901 het Edward haar opgevolg as die eerste koning van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha, genoem na die huis waartoe prins Albert behoort het.

Remove ads

Nageslag

Victoria en Albert het 42 kleinkinders gehad en hulle huidige afstammelinge tel etlike honderde. Die Europese monarge en voormalige monarge wat van hulle afstam, is: Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk (asook haar man), Harald V van Noorweë, Carl XVI Gustaf van Swede, Margrethe II van Denemarke, Juan Carlos I van Spanje (asook sy vrou), en die afgesette konings Konstantyn II van Griekeland (asook sy vrou) en Michael van Roemenië. Die aanspraakmakers op die troon van Serwië, Rusland, Pruise en Duitsland, Sakse-Koburg en Gotha, Hannover, Hesse, Baden en Frankryk is ook afstammelinge.[2]

Kinders

Meer inligting Naam, Gebore ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads