Proterosoïkum
derde geologiese eon in die Aarde se bestaan / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Proterosoïkum of Proterosoïese Eon is die derde geologiese eon in die Aarde se bestaan en die laaste eon wat deel van die Prekambrium (die tydperk voor die huidige eon) is. Dit het sowat 2,5 miljard jaar gelede begin met die einde van die Argeïkum en geduur tot die begin van die Fanerosoïkum sowat 541 miljoen jaar gelede. Die naam kom van Grieks en beteken "vroeëre lewe".
Meer inligting Eon, Era ...
Eon | Era | Periode | Ouderdom mj. | |
---|---|---|---|---|
Fanerosoïkum | Paleosoïkum | Kambrium | later | |
Proterosoïkum | Neo- | Ediacarium | 635 - 541 | |
Kriogenium | 720 - 635 | |||
Tonium | 1000 - 720 | |||
Meso- | Stenium | 1200 - 1000 | ||
Ektasium | 1400 - 1200 | |||
Kalimnium | 1600 - 1400 | |||
Paleo- | Staterium | 1800 - 1600 | ||
Orosirium | 2050 - 1800 | |||
Riasium | 2300 - 2050 | |||
Siderium | 2500 - 2300 | |||
Argeïkum | Neoargeïkum | vroeër | ||
Indeling van die Proterosoïkum volgens die ICS.[1] |
Sluit
Die belangrikste gebeurtenisse van dié eon was die versameling van suurstof in die atmosfeer, verskeie ysvormingstydperke en die evolusie van sagte, meersellige organismes.