Quest Kodiak
Veeldoelige vliegtuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Quest Kodiak is 'n veeldoelige Amerikaanse vliegtuig wat deur Quest Aircraft gebou word. Dit beskik oor 'n hoë vlerk, aangedryf deur 'n enkele turboskroefmotor met die kajuitdruk wat nie gereguleer word nie. Die onderstel kan nie terugtrek nie en is van die driewieltipe. Die vliegtuig beskik oor kort land-en-opstygvermoëns wat dit geskik maak om op onvoorbereide vliegvelde te gebruik.
Kitsfeite
Quest Kodiak | |
---|---|
Tipe | Veeldoelige vliegtuig |
Vervaardiger | Quest Aircraft |
Ontwerp deur | Evan Mortenson[1] |
Nooiensvlug | 16 Oktober 2004 |
Bekendstelling | Januarie 2008 |
Status | In produksie |
Vervaardig | 2007 tot tans |
Aantal gebou | 250 (2018) |
Eenheidskoste | VS$ 2,4548 miljoen (2019)[2] |
Sluit
Daar is reeds in 1999 met die ontwerp van die vliegtuig begin, dit het sy nooiensvlug op 16 Oktober 2004 voltooi en is gesertifiseer op 31 Mei 2007. Die eerste eenheid is in Januarie 2008 afgelewer en teen 2018 was daar reeds 250 eenhede afgelewer.