![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a0/1964_71392L.jpg/640px-1964_71392L.jpg&w=640&q=50)
Ranger 3
onbemande ruimtetuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Ranger 3 was 'n ruimteverkenningsending wat deur NASA onderneem is om die Maan te bestudeer. Die Ranger 3 onbemande ruimtetuig is op 26 Januarie 1962 gelanseer as deel van die Ranger-program. Weens 'n aantal falings aan boord het die ruimtetuig die maan met 35 000 km gemis en in 'n heliosentriese wentelbaan gegaan.[1]
![]() | |
Sendingstatistiek | |
Sendingnaam: | Ranger 3 |
Sendingtipe: | Maanimpaktor |
Operateur: | NASA |
Vervaardiger | Jet Propulsion Laboratory |
Lanseervuurpyl | Atlas LV-3 Agena-B |
Duur van sending | ~5 dae |
Bemanning: | Onbeman |
Lansering: | 26 Januarie 1962 Kaap Canaveral AFS LC12 |
Naaste verbyvlug: | 28 Januarie 1962 |
Lanseermassa | 329,8 kilogram |
Krag | 150 watt |
Die Ranger 3 ruimtetuig was ontwerp om foto's van die maan te neem en na die aarde te stuur, 10 minute voordat dit met die maan se oppervlakte sou bots. Dit moes ook 'n seismograaf in 'n harde landing op die maan se oppervlakte plaas, die gammastraling meet tydens die vlug, radarweerkaatsing ondersoek op die maan se oppervlakte en aanhou om Ranger toerusting te toets as deel van die ontwikkeling van maan- en interplanetêre ruimtevaarte.