Ranger 6
onbemande ruimtetuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Ranger 6 was 'n onbemande ruimtetuig wat deel was van NASA se Ranger-program, met die doel om naby-foto's van die maan te neem. Die ruimtetuig is op 30 Januarie 1964 gelanseer en was ontwerp om hoë-resolusie beelde, tydens sy laaste paar minute van vlug, van die maan se oppervlakte na die Aarde te stuur totdat dit met die maan bots. Daar was ses vidikon televisiekameras aan boord: twee wyehoekkameras (kanaal F, kameras A en B) en vier nouhoekkameras (kanaal P) om die sendingdoelwitte te bereik. Die kameras was in twee aparte kettings gerangskik, elk kon onafhanklik werk met sy eie kragbron, tydreëlaar en senders om die grootste mate van betroubaarheid en die grootste mate van waarskynlikheid te gee dat hoë-kwaliteit televisiebeelde verkry sal word. Daar was geen ander eksperimente aan boord nie. As gevolg van 'n faling van die kamerastelsel is geen beelde na die aarde gestuur nie.[1]