![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0e/Ros%25C3%25A9lite%252C_dolomite_7100.2606.jpg/640px-Ros%25C3%25A9lite%252C_dolomite_7100.2606.jpg&w=640&q=50)
Roseliet
From Wikipedia, the free encyclopedia
Roseliet [1][2][3] is 'n seldsame arsenaatmineraal met chemiese formule: Ca2(Co,Mg)[AsO4]2·H2O. Dit is die eerste keer in 1825 beskryf vir 'n voorkoms in die Rappold-myne van Schneeberg, Sakse, Duitsland en is vernoem na die Duitse mineraloog Gustav Rose deur Armand Levy.[1] Dit kom voor in kobaltdraende hidrotermiese omgewings en is geassosieer met are van kwarts en Kalsedoon in hierdie tiperende ligging.[1][3] Dit is ook gerapporteer uit Italië, Marokko, Chili, British Columbia en verskeie plekke in Duitsland.[1]
Meer inligting Portaal Geologie ...
Roseliet | |
---|---|
![]() | |
Roselietkristalle (pienk) op dolomiet (wit). | |
Formule | Ca2(Co2+, Mg)[AsO4]2·H2O |
Kleur | Donker pienk-rooi, pienk |
Streep | Ligrooi |
Glans | Glasagtig |
Hardheid | 3.5 (Mohs) |
Dubbelbreking | Twee-assig (-) |
Kristalsisteem | Monoklinies |
Ruimtegroep | P21/c |
Eenheidsel | a = 5.801 Å, b = 12.898 Å c = 5.617 Å; β = 107.42°; Z = 2 |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Sluit