Sápmi
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sápmi (ook bekend as Lapland) is die gebied wat tradisioneel deur die Sami bewoon word. Dit is geleë in Noord-Europa en sluit in die noordelike dele van Skandinawië en Finland saam met die Kola-skiereiland in Rusland. Slegs 'n minderheid van die Sami beoefen vandag hertboerdery.
| ||||
Tale | Samies, Noors, Sweeds, Fins, Russies | |||
Bevolking - Sami - Nie-Sami |
- (Jaar) - (Jaar) | |||
Oppervlak | - | |||
Tydsone | UTC +1 tot +3 | |||
¹ Sluit in dele van Noorweë, Swede, Finland en Rusland onderskeidelik, maar met verskillende grade van outonomie vir die Saami bevolking. | ||||
Die gebied is histories bekend as Lapland (/ˈlæplənd/), maar hierdie term word deur sommige Samiese mense as aanstootlik beskou, wat die naam van die gebied in hul eie taal verkies, "Sápmi".[1][2]
Met die val van die Sowjetunie en groeiende internasionalisering, word samewerking oor landsgrense al hoe belangriker en bestaande gebied en nasionale grense minder belangrik. Dit geld beide vir die inheemse Sami-bevolking sowel as vir die nie-Sami en Sami-afstammeling meerderheid.