Saiph
From Wikipedia, the free encyclopedia
Saiph, ook bekend as onder meer Kappa Orionis, is die sesde helderste ster in die sterrebeeld Jagter (Orion) en een van die vier sterre wat die Jagter se hoofvierhoek vorm. Iemand in die Suidelike Halfrond wat noord kyk, sal dit regs bo sien, en iemand in die Noordelike Halfrond wat suid kyk links onder. Metings van sy parallaks dui daarop dit is sowat 650 ligjare (198 parsek) van die Son af, omtrent dieselfde as Betelgeuse.[2] Hoewel dit ’n warmer ster is, is dit kleiner en dowwer as Rigel, met ’n skynbare magnitude van 2,1.[3] Die ster se helderheid wissel effens, met sowat 0,04 magnitudes.[7]
Kitsfeite
Saiph
| ||||
Die ligging van Saiph (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Jagter | |||
Spektraaltipe | B0,5 Ia[1] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 47m 45.38884s[2] | |||
Deklinasie | -09° 40′ 10.5777″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,09[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -6,1[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,18[3] | |||
U-B-kleurindeks | -1,02[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 15,50 ± 1,25[5] | |||
Radius (R☉) | 22,2[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 56 881[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 11,1 ± 0,5 miljoen[6] | |||
Temperatuur (K) | 26 500[4] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 83[4] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Vermoedelik[7] | |||
Ander name | ||||
κ Orionis, 53 Orionis, 141 G. Orionis, BD–09 1235, FK5 220, HD 38771, HIP 27366, HR 2004, SAO 132542.[8] | ||||
|
Sluit