From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sakalava is een van die etniese groepe van Madagaskar.[1] Hulle maak sowat 6,2% van die bevolking uit[2] en woon in die westelike en noordwestelike dele aan die kus van die eiland. Hul naam beteken "Mense van die lang valleie".
Sakalava | |
---|---|
Sakalava-mense naby Morondava. | |
Totale bevolking: | Sowat 1 200 000 |
Belangrike bevolkings in: | Madagaskar |
Taal: | Bara-Sakalava |
Geloofsoortuiging: | |
Verwante etniese groepe: | Ander Malgassiese groepe |
Die stigter van die Sakalava was Andriamisara van die 15de eeu.[3] Sy afstammeling Andriandahifotsy ("die Wit Prins") het sy mag ná 1610 noordwaarts uitgebrei.[3] Sy twee seuns het die gebied nog verder vergroot. Die hoofmanne van die verskillende kusgemeenskappe het hul mag begin uitbrei om handel te beheer, veral slawehandel. Die eerste belangrike Sakalava-koninkryke is omstreeks die 1650's gestig.[2] Hulle het in die 1700's die westelike en noordwestelike streke van Madagaskar beheer.[3]
Die mondelinge geskiedenis van die Merina-volk noem jaarlikse ekspedisies deur Sakalava-slawehandelaars na hul dorpies in die 18de eeu. Die grootste hawe vir slawehandel en een van die gewildstes was die Sakalava-kusdorp Mahajanga.[4] Die Sakalava het tot aan die einde van die 18de eeu ’n monopolie op die slawehandel gehad danksy goeie wapens.[5][3]
Die Merina-koning Radama I het laat in die 18de eeu wapens gekoop en ’n oorlog teen die Sakalava van stapel gestuur, wat ’n einde aan hul aanvalle gebring het.[5] Hoewel die Merina nooit die laaste twee Sakalava-vestings, Menabe en Boina verower het nie, het hulle die sentrale plato daarna beheer totdat Frankryk die eiland ’n eeu later, in 1896, gekoloniseer het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.