From Wikipedia, the free encyclopedia
Sap is 'n drank gemaak van die ekstraksie of drukking van die natuurlike vloeistof vervat in vrugte en groente. Dit kan ook verwys na vloeistowwe wat gegeur is met konsentraat of ander biologiese voedselbronne, soos vleis of seekos, soos mosselsap. Sap word gewoonlik as 'n drankie gebruik of word as 'n bestanddeel of geurmiddel in voedsel of ander drank gebruik, soos vir 'n vrugteskommel. Sap het na vore gekom as 'n gewilde drankkeuse nadat pasteurisasie-metodes ontwikkel is om dit te bewaar sonder om fermentasie te gebruik (wat gebruik word in wyn produksie).[1] Die grootste vrugtesapdrinkers is Nieu-Seeland (byna 'n 0.28l elke dag) en Colombia (omtrent 0.23l per dag). Die drink van vrugtesap styg gemiddeld met die land se inkomste.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.