Die seevonk (Noctiluca scintillans (Macartney) Kofoid & Swezy) is 'n eensellige organisme uit die dinoflagellate wat bekend is omdat dit bioluminessensie veroorsaak. Hierdie spookagtige ligskynsel is ook as die “die ligte van die see” bekend.

Kitsfeite Noctiluca scintillans, Wetenskaplike klassifikasie ...
Noctiluca scintillans
Thumb
Seevonke
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Chromista
Subkoninkryk:
Harosa
Filum:
Myzozoa
Infrafilum:
Orde:
Noctilucales
Familie:
Noctilucaceae
Genus:
Noctiluca
Spesie:
N. scintillans
Binomiale naam
Noctiluca scintillans
(Macartney) Kofoid & Swezy, 1921
Sinonieme

Noctiluca miliaris

Sluit

Die sel van hierdie spesie is baie groot (omtrent 200 - 2000 μm in deursnee) en soos 'n ballon opgeblaas en amper bolvormig. Sy buikgroef is breed en wyd en bevat een sweepagtige flagellum, een tand en een tentakel. Die seevonk is nie fotosinteties nie. Dit is heterotroof en fagotroof en vreet diatome en ander dinoflagellate. Daar kan fotosintetiese simbionte aanwesig wees wat die sitoplasma pienk of groen sal kleur. Die spesie kan aseksueel deur seldeling voortplant maar ook deur seksuele voortplanting en vorming van isogamete. Die seevonk dryf in die seewater van die neritiese en kusgebiede van die wêreld. Dit kan rooigetye veroorsaak en die see die kleur van tamatiesoep gee en die dood van baie vis veroorsaak. [1]

Bioluminessensie

Die luminessensie in N. scintillans word soos in baie ander dinoflagellaatspesies vervaardig in spesiale organelle wat scintillons genoem word. Hulle bevat die lusiferiensubstraat, die ensiem lusiferase en 'n lusiferienbindingsproteïen (LBP) wat die liggewende reaksie veroorsaak. Die gene wat hierdie eiwitte se sintese moontlik maak is bekend, maar hulle interpretasie is omstrede. Die organisme kan as 'n primitiewe verteenwoordiger van die dinoflagellate gesien word. In ander noctilucoïede dinoflagellate ontbreek nogtant die bioluminessensie en N. scintillans se gene kan dus ook horisontaal van 'n ander dinoflagellaatspesie oorgeneem wees.[2]

Fotogalery

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.