Serwië
land in Suidoos-Europa / From Wikipedia, the free encyclopedia
Serwië (Serwies: Србија/Srbija [sř̩bija] luister (hulp·inligting)), amptelik die Republiek van Serwië (Република Србија/Republika Srbija), is 'n landingeslote land geleë in Sentraal- en Suidoos-Europa. Dit word in die noorde begrens deur Hongarye, in die ooste deur Roemenië en Bulgarye, in die suide deur Albanië en Noord-Masedonië en in die weste deur Montenegro, Kroasië en Bosnië en Herzegowina. Serwië se hoofstad en grootste stad is Belgrado, geleë aan die monding van die Savarivier in die Donau.
| |||||
Volkslied: Боже правде (tr.: Bože pravde) (Serwies vir: "God of Geregtigheid") | |||||
Hoofstad | Belgrado | ||||
Grootste stad | Belgrado | ||||
Amptelike tale | Serwies | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Aleksandar Vučić Ivica Dačić | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Middeleeuse prinsdom • Middeleeuse koninkryk • Ottomaanse verowering • Prinsdom Serwië • Koninkryk Serwië • Unifikasie in Joego-Slawië • Onafhanklike republiek |
Laat 8ste eeu 1217/1346 1459–1556 1815 1882 1 Desember 1918 5 Junie 2006 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
88 361 km2 (111ste) 34 116 myl2 0,13 (insluitend Kosovo) | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
7 041 599[1] (104de) 7 031 862 91,1 / km2 (121ste) 235,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2017-skatting $107,131 miljard[2] (uitsluitend Kosovo) (78ste) | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2017-skatting $37,739 miljard[2] (uitsluitend Kosovo) (86ste) | ||||
MOI (2015) | 0,776[3] (66ste) – hoog | ||||
Gini (2013) | 38[4](72ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Dinar (RSD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .rs, .срб | ||||
Skakelkode | +381 |
Die moderne land Serwië het ontstaan in 1817 na die Tweede Serwiese Opstand en het in 1878 onafhanklikheid verklaar van die Ottomaanse Ryk.
Die land se huidige grense is vasgestel na die Tweede Wêreldoorlog, toe Serwië 'n federale deel geword het binne die Sosialistiese Federale Republiek van Joegoslawië. Serwië het weer 'n onafhanklike land geword in 2006, nadat Montenegro die Unie verlaat het wat gevorm is na die verval van Joego-Slawië in die jare 90.