Siënna of "Siënnese aarde" is 'n aardse pigment wat ysteroksied en mangaanoksied bevat. In sy natuurlike toestand is dit geelbruin gekleur en word dit rou siënna genoem. Wanneer dit verhit word, word dit 'n rooibruin kleur en word dit gebrande siënna genoem.[1] Dit ontleen sy naam van die stadstaat Siëna, waar dit gedurende die Renaissance vervaardig is.[2] Tesame met oker en amber is dit een van die eerste pigmente wat deur die mens gebruik is, en dit is op heelwat grotskilderye gevind. Sedert die Renaissance is dit een van die bruin pigmente wat die meeste deur kunstenaars gebruik word.

#882D17

Die eerste opgetekende gebruik van die Engelse woord sienna as 'n kleur was in 1760.[3]

Kleurkoördinate

Volgens verskeie kleurskemas word siënna soos volg voorgestel:

Meer inligting Model, Koördinate ...
Model Koördinate
Heksadesimale kode #882D17
RGB-kleurmodel (136, 45, 23)
CMYK (25, 59, 86, 0)
HSV (12°, 83%, 53%)
Sluit

Sien ook

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.