Somalië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Somalië (Somalies: Soomaaliya, [sɔːmɑːlijæ]; Arabies: الصومال, aṣ-Ṣūmāl), amptelik die Federale Republiek Somalië[5] (Somalies: Jamhuuriyadda Federaalka Soomaaliya; Arabies: جمهورية الصومال الفدرالية, Jumhūrīyat aṣ-Ṣūmāl al-Fidirālīyah), voorheen bekend as die Somaliese Demokratiese Republiek, is 'n land aan die kus van Oos-Afrika, die Horing van Afrika. In die binneland word dit begrens deur Ethiopië in die weste, Djiboeti in die noordweste en Kenia in die suidweste. Die Golf van Aden bespoel die kuslyn in die noorde en die Indiese Oseaan lê oos.
| |||||
Volkslied: Qolobaa Calankeed (Somalies vir: "Prys die Vaderland") | |||||
Hoofstad | Mogadisjoe | ||||
Grootste stad | Mogadisjoe | ||||
Amptelike tale | Somalies en Arabies[1] | ||||
Regering | Federale parlementêre grondwetlike republiek Hassan Sheikh Mohamud Hamza Abdi Barre | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Somaliese stadstate • Sultanaat Adal • Sultanaat Mogadisjoe • Sultanaat Warsangali • Ajuran-ryk • Sultanaat Majeerteen • Brits-Somaliland • Italiaans-Somaliland • Unie, onafhanklikheid en eerste grondwet • Tweede grondwet • Huidige grondwet |
ca. 200 v.C. 9de eeu 10de eeu 13de eeu 13de eeu 18de eeu 1887 1889 1 Julie 1960[2] 25 Augustus 1979[2] 1 Augustus 2012[2] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
637 657[2] km2 (43ste) 246 201 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2023-skatting - Digtheid |
12 693 796[2] (78ste) 27,2 / km2 (199ste) 70,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
Gini (2017) | 36,8[4] – medium | ||||
Geldeenheid | Sjieling (SOS ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
OAT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .so | ||||
Skakelkode | +252 |
Dit bestaan tans slegs in 'n de jure sin, wat as anargie beskou kan word. Somalië het nie 'n erkende sentrale regeringsowerheid nie, geen nasionale geldeenheid nie, nog enige ander eienskap wat enigsins met 'n gevestigde volkestaat vereenselwig word. De facto owerheid berus by die regerings van die nieerkende state Somaliland, Puntland en ander strydende krygshere.
Somalië is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Arabiese Liga, Afrika-unie, Beweging van Onverbonde Lande, Organisasie van Islamitiese Samewerking en die Oos-Afrikaanse Gemeenskap.