Spessart
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Spessart is 'n Suidwes-Duitse middelgebergte tussen Vogelsberg, Rhön en Odenwald wat oor die deelstate Beiere en Hesse strek en een van die grootste bosgebiede in die land (merendeels beuke- en eikebome). Die hoogste bergpiek met 586 meter bo seevlak is die Geiersberg in die dig beboste Hoë Spessart. Twee natuurparke is in die bergreeks geleë, die Natuurpark Hessiese Spessart (740 km²) en die Natuurpark Spessart in Beiere (1 700 km²). 'n Aantal skaars plantspesies word in die gebied aangetref.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Maak deel uit van die
Suidwes-Duitse Platorand
Strek oor die deelstate
Hesse en Beiere
Duitsland
Oppervlakte
2 440 km²
Hoogste bergpiek
Geiersberg (586 m)
Die bergreeks se naam is afgelei van die Duitse terme Specht ("speg") en Hardt ("bergwoud") en beteken dus "Woud van spegte".[1]