Spoke in die Polinesiese kultuur
From Wikipedia, the free encyclopedia
Daar was ’n algemene geloof in spoke in die Polinesiese kultuur, en sommige geld vandag nog. Ná die dood reis iemand se spook gewoonlik na die wêreld in die lug of die onderwêreld, maar van hulle sal op die aarde agterbly. In baie Polinesiese legendes is die spoke aktief betrokke in die sake van die lewendes. Spoke kan ook siektes veroorsaak en die liggaam van gewone mense binnedring. Dit kan deur sterk medisyne weer uitgedryf word.[1]