Springpakkie
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Springpakkie[1] is 'n moulose, kraaglose rok bedoel om oor 'n bloes, hemp of trui gedra te word.[2][3][4] Soomlyne kan van verskillende lengtes wees en die tipe van die kraag ens. is ook veranderlikes in die ontwerp.
'n Sonrok is soos die springpakkie ook mouloos en kraagloos; maar sodanige artikel word egter nie oor 'n bloes of trui gedra nie, en is duidelik van verskillende snit en mode. Die voorskootrok kan gesien word as 'n spesiale geval van die springpakkie. Indien die ontwerp van die rok direk geïnspireer is deur 'n voorskoot (met 'n bib aan die voorkant en bande oor die rug, byvoorbeeld), word die kledingstuk tipies beskryf as 'n voorskootrok.[5]