Stadsaal van Pretoria
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Stadsaal van Pretoria is 'n groot gebou in Pretoria se middestad wat in 1931 gebou en in 1935 ingewy is. Dit is in Paul Kruger-straat suid van Kerkplein en reg oorkant die Transvaal-museum geleë.
Die Pretorius-vierkant lê voor die gebou met 'n fontein en goed onderhoude tuin. Die volgende beelde van noemenswaardige persone versier die park:
- Marthinus Wessel Pretorius (staande)
- Andries Pretorius (ruiterbeeld)
- Hoofman Tshwane