![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0e/StoreggaFLCommonsZone.jpg/640px-StoreggaFLCommonsZone.jpg&w=640&q=50)
Storegga-aardverskuiwing
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die drie Storegga-aardverskuiwings word beskou as van die grootste bekende aardverskuiwings. Hulle het onder die water plaasgevind, aan die rand van Noorweë se kontinentale plat (Storegga is Noorweegs vir "die Groot Rand "), in die Noorse See, 100 km noordwes van die Møre-kus. Dit het ’n baie groot tsoenami veroorsaak in die Noord-Atlantiese Oseaan.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0e/StoreggaFLCommonsZone.jpg/640px-StoreggaFLCommonsZone.jpg)
Die verskuiwing het ’n kuslyn van sowat 290 km lank geraak en ’n totale volume van 3 500 km3 puin geskep.[1] Dit is gelyk aan die volume van ’n gebied so groot soos Ysland wat 34 m diep begrawe word.
Volgens die radiokoolstofdatering van plantmateriaal wat verkry is uit afsaksels wat deur die tsoenami veroorsaak is, was die laaste voorval omstreeks 6225–6170 v.C.[2][3] In Skotland is oorblyfsels gevind tot 80 km die binneland in en 4 m bo die huidige normale getyvlakke.