Suid-Afrikaanse Polisiediens
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is die Republiek van Suid-Afrika se nasionale polisie. Die 1 138 polisiestasies in Suid-Afrika is volgens die provinsiale grense verdeel, en 'n provinsiale kommissaris word in elke provinsie aangestel. Die nege provinsiale kommissarisse rapporteer direk aan die nasionale kommissaris. Die hoofkantoor is in die Wachthuis-gebou in Pretoria.[1]
Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens 'n verantwoordelikheid het om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beveilig, die wet te handhaaf en af te dwing, 'n veilige en sekure omgewing vir alle mense in Suid-Afrika skep, voorkom alles wat die veiligheid of sekuriteit van enige gemeenskap kan bedreig, ondersoek enige misdade wat die veiligheid of sekuriteit wat enige gemeenskap bedreig, sorg dat misdadigers voor die gereg gebring word en neem deel aan pogings om die oorsake van misdaad aan te spreek.[2]
Amnesty International en andere het ernstige kommer uitgespreek oor die brutaliteit van die polisie in Suid-Afrika, waaronder marteling en buite-geregtelike sterftes.[3][4][5][6][7]