From Wikipedia, the free encyclopedia
Sum 41 is 'n Juno-bekroonde Kanadese musiekgroep vanuit Ajax, Ontario. Die huidige lede is Deryck Whibley (voorsang, kitaar, klavier), Jason McCaslin (baskitaar, agtergrondsang), en Steve Jocz (tromme, agtergrondsang). Die lede het besluit om die groep "Sum 41" te noem omdat hulle dit 41 dae ná die begin van somer in 1996 gestig het. Sedert hulle 'n internasionale platekontrak met Island Records in 1999 onderteken het, het hulle reeds vyf studio-albums, twee regstreekse CDs, twee regstreekse DVDs en meer as tien enkelsnitte uitgereik. Hulle het al miljoene eksemplare wêreldwyd verkoop. Sedert 2006 het die groep al meer as 600 keer opgetree, en hulle is beroemd vir hul wêreldtoere wat gewoonlik langer as 'n jaar elk duur.[1]
Sum 41 | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Ajax, Ontario (Kanada) |
Genres | Poppunk, punkrock |
Etikette | Kanada: Aquarius Records Amerika: Island Records Europa: Universal Records Latyns-America: Universal Records |
Webwerf | www.sum41.com www.sum-41.net |
Lede | Deryck Whibley Jason McCaslin Steve Jocz |
Gewese lede | Mark Spicoluk (1996–1999) Dave Baksh (1996–2006) John Nicosia (1997–1998) |
Die lede van Sum 41 was aanvanklik tydens hul hoërskooljare in verskillende musiekgroepe. Hulle het by een van Hole se konserte ontmoet, 41 dae ná die begin van die somer van 1996. Volgens die webtuiste Supernova is die groep aanvanklik Kaspir genoem. Hulle het hul naam na Sum 41 verander om by 'n Supernova-konsert op 28 September 1996 op te tree. Stevo het aangevoer dat hulle as 'n NoFX cover-groep begin het. Die webtuiste meen ook dat die groep deur Greig Nori van Treble Charger ontdek is by 'n Supernova-konsert by die Operahuis in Toronto op 24 Februarie 1996.[2] Die huidige baskitaarspeler, Cone McCaslin, het in 1999 by die groep aangesluit nadat die groep van verskeie ander baskitaarspelers ontslae geraak het. Hulle het baie jare saam musiek gemaak in die hoop dat hulle eendag 'n treffer sou hê.
Die groep het 'n videokamera saam met hulle gedra om hul mal optredes mee af te neem, insluitende een waar hulle 'n pizzeria met watergewere beroof en 'n dansie vir "Makes No Difference" voor 'n teater uitvoer. Beide gevalle kan op Introduction to Destruction en op sommige weergawes van die bonus-DVD Does This Look Infected? gesien word.
Jaar | Titel | Trefferlysposisies | Album | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
VSA Hot 100 | VSA Hoofstroomrock | VSA Moderne Rock | VK Enkelsnittrefferlys | Kanadese Enkelsnittrefferlys | Japannese Enkelsnittrefferlys | |||
2000 | "Makes No Difference" | - | - | #32 | - | #49 | - | Half Hour of Power |
2001 | "Fat Lip" | #66 | - | #1 (1 week) | #8 | - | - | All Killer No Filler |
2001 | "In Too Deep" | - | - | #10 | #13 | #8 | - | All Killer No Filler |
2002 | "Motivation" | - | - | #24 | #21 | - | - | All Killer No Filler |
2002 | "Handle This" (Duitsland/Japan) | - | - | - | - | - | - | All Killer No Filler |
2002 | "What We're All About" | - | - | - | #32 | - | - | Spider-Man-klankbaan |
2002 | "Still Waiting" | - | - | #7 | #7 | #1 | - | Does This Look Infected? |
2003 | "The Hell Song" | - | - | #13 | #35 | - | - | Does This Look Infected? |
2003 | "Over My Head (Better Off Dead)" | - | - | - | #27 | #12 | - | Does This Look Infected? |
2003 | "Little Know It All" (Met Iggy Pop) | - | - | #35 | - | #56 | - | Skull Ring |
2004 | "We're All to Blame" | #96 | #36 | #10 | - | #25 | - | Chuck |
2005 | "Pieces" | - | - | #14 | - | #1 | - | Chuck |
2005 | "Some Say" (Kanada/Japan) | - | - | - | - | #10 | - | Chuck |
2005 | "No Reason" (VSA/Europa) | - | - | #16 | - | - | - | Chuck |
2007 | "Underclass Hero" | #124[3] | - | #34 | #200a | #13 | #4 | Underclass Hero |
2007 | Walking Disaster[4] | - | - | - | - | - | - | Underclass Hero |
2008 | With Me | - | - | - | - | - | - | Underclass Hero |
2011 | Screaming Bloody Murder | - | - | - | - | - | - | Screaming Bloody Murder |
2011 | Baby, You Don't Wanna Know | - | - | - | - | - | - | Screaming Bloody Murder |
2016 | Fake My Own Death | - | - | - | - | - | - | 13 Voices |
2016 | War | - | - | - | - | - | - | 13 Voices |
2016 | God Save Us All (Death to Pop) | - | - | - | - | - | - | 13 Voices |
2016 | Goddamn I’m Dead Again | - | - | - | - | - | - | 13 Voices |
2019 | Out for Blood | - | - | - | - | - | - | Order in Decine |
2019 | A Death in the Family | - | - | - | - | - | - | Order in Decine |
2019 | Never There | - | - | - | - | - | - | Order in Decine |
2019 | 45 (A Matter of Time) | - | - | - | - | - | - | Order in Decine |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sum 41. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.