Supermaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Supermaan is ’n volmaan of donkermaan wat min of meer ooreenstem met die naaste stand van die Maan aan die Aarde in sy elliptiese wentelbaan, wat tot gevolg het dat die Maan groter as gewoonlik lyk.[3] Die tegniese term daarvoor is die perigeumsamestand van die Aarde-Maan-stelsel. Die woord "supermaan" is nie werklik ’n sterrekundige term nie, maar het in moderne astrologie ontstaan.[4]
Die teenoorgestelde term, apogeumsamestand, is al ’n mikromaan genoem,[5] maar is nie so algemeen nie.
Die mees onlangse supermaan was op 24 Junie 2017 en die volgende een sal op 3 Desember 2017 wees.[6][7] Die een op 14 November 2016 was die naaste supermaan sedert 26 Januarie 1948, en sal nie oortref word tot 25 November 2034 nie.[8] Die naaste supermaan van die 21ste eeu sal plaasvind op 6 Desember 2052.[9]
Soms val ’n supermaan saam met ’n algehele maansverduistering. Dit het laas in September 2015 gebeur, en die volgende een sal in Oktober 2033 wees.[10]