Christoforus[1][2]was 'n teenpous tydens die pontifikaat van Pous Leo V vir 'n kort tydjie van Oktober 903 tot ongeveer Januarie 904. Sy legitimiteit is omstrede maar hy is wel vir 'n lang tyd as wettige pous opgeneem in die amptelike lys die “Annuario Pontificio” en die Liber Pontificalis.[3]

Kitsfeite Begin van pontifikaat, Einde van pontifikaat ...
Teenpous Christoforus
Thumb
Teenpous Christoforus
Teenpous van Pous Leo V
Begin van pontifikaat Oktober 903
Einde van pontifikaat Januarie 904
Sluit

Christoforus was 'n kardinaal-priester van St. Lorenzo in Damaso.[4] Hy het pous geword deur sy voorganger Pous Leo V af te set. Pous Leo is gevange geneem en is kort daarna oorlede. Na die dood van Leo word Christoforus as die wettige pous beskou. Daar word ook melding gemaak van 'n verkiesing terwyl Leo nog geleef het.

In die begin van die 10de eeu was Rome nie 'n rustige plek nie. Daar was wyd verspreide korrupsie en alliansies was baie onstabiel. Christoforus word al na omtrent drie maande verdryf en Pous Sergius III volg hom op.

Verder is nie veel bekend oor die res van sy lewe nie. Party bronne sê hy is gevange gehou in dieselfde gevangenis as Leo V en daar vermoor is [5]ander bronne vermeld 'n “godsdienstige lewe” as monnik.[6]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.