Telkom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Telkom (SA) Bpk. is 'n Suid-Afrikaanse telekommunikasiemaatskappy wat vastelyn en mobiele telefoon- en internetdienste aan kliënte lewer. Telkom is deels geprivatiseer, alhoewel die Staat steeds 'n groot persentasie van die maatskappy besit, en dit as 'n SOC (State Owned Company) geklassifiseer word. Die maatskappy is op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) gelys (dit was vrooer ook op die New Yorkse (NYSE) aandelebeurs gelys).
Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis. Wikipedia se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak. |
Kitsfeite Tipe, Gestig ...
Telkom (SA) Bpk.[1] | |
Telkom SA Hoofkantoor, gesien vanaf Kerkplein, Pretoria (Rigting: NNW) | |
Tipe | Publiek, Staatsmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1991 – Johannesburg, Transvaal |
Hoofkantoor | Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Sipho Maseko (H.U.B.) Jacques Schindehutte (H.F.B.) Brian Armstrong (H.B.B.) |
Industrie | Kommunikasiedienste |
Produkte | Telekommunikasie Draadloos en vaste telefonie breëbanddienste bestuurde dienste aanbieding van inligting |
Inkomste | 2015: R31 675 miljard (1,2%) ( VS$2,526 miljard)[2] 2014: R31 288 miljard (VS$2,490 miljard)[3] 2004: R43 miljard (6,5%) (VS$7 miljard)[4] 2005: R43,1 miljard (VS$6,9 miljard)[5] |
Werknemers | 19 197 (2014)[6] |
Slagspreuk | Tomorrow starts today.[7] |
Webwerf | telkom.co.za |
Sluit