From Wikipedia, the free encyclopedia
Thonburi (Thai: ธนบุรี) is 'n deel van moderne Bangkok. In die tyd van die Koninkryk Ayutthaya het sy ligging aan die westeroewer (regterkant) by die mond van die Chao Phrayarivier dit 'n belangrike garnisoendorp gemaak. Dit word in die naam weerspieël: thon (ธน), "rykdom", en buri (บุรี), "fort".[2]
In 1767, ná die verwoesting van Ayutthaya deur die Birmane, het generaal Taksin Thonburi terugverower en dit die hoofstad van die Koninkryk Thonburi gemaak, met homself as koning. Hy is op 6 April 1782 onttroon. Rama I, die nuwe koning, het die hoofstad na die oorkant die rivier geskuif, waar hy die stad Bangkok op 21 April 1782 amptelik gestig het.[3]:p.14 Thonburi het 'n onafhanklike dorp en provinsie gebly tot in 1971, toe dit met Bangkok versmelt is.[4]
Thonburi het minder ontwikkel gebly as die oorkant van die rivier. Baie van die tradisionele waterweë, of khlongs, bestaan nog daar, terwyl hulle nie meer aan die ander kant van die rivier voorkom nie. In 1950 het Bangkok sowat 1,3 miljoen inwoners gehad en die munisipaliteit Thonburi sowat 400 000. In 1970 was Thonburi Thailand se tweede grootste stad, met sowat 600 000 inwoners.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.