Tintenpalast
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Tintenpalast in Windhoek is die setel van die Nasionale Vergadering of parlement van Namibië. Die Nasionale Raad van Namibië het in 2002 'n nuwe administratiewe blok oos van die historiese gebou betrek.[1]

Bougeskiedenis
Die gebou, wat in Windhoek-Sentraal aan die bokant van Robert Mugabe-laan geleë is, is deur die argitek Gottlieb Redecker as administratiewe setel vir die owerheid in Duits-Suidwes-Afrika ontwerp en in 1912–1913 deur die boumaatskappy Sander & Kock uit plaaslike materiaal gebou. Dit is op 1 November 1913 amptelik ingewy.
Die Tintenpalast word as 'n tipiese voorbeeld van Duitse koloniale boukuns beskou. Die gebou het sy spottende Duitse bynaam (letterlik "inkpaleis") verwerf vanweë die beweerde hoë inkverbruik van die amptenare wat aldaar gesetel was. Die paleis word deur 'n uitgestrekte tuin - die sogenaamde "Parlementstuin" - omring wat by die plaaslike bevolking as ontspanplek gewild geraak het.
Remove ads
Tuin
Die boubedrywighede vir die tuin, wat volgens planne van George Kerby en Karl Zirkler ontstaan het, het in 1931 begin. In 1934 is olyfbome aangeplant wat intussen verwyder is. Vandag is die tuin 'n groen long te midde van Namibië se besige hoofstad.
Fotogalery
- Van die Onafhanklikheidsmuseum af gesien
- Vooraansig van die Tintenpalast
- Binnehof van die Tintenpalast
- Parlementstuin met uitsig op die Christuskerk
- Saal van die Nasionale Vergadering van Namibië
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads