![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Transtroemer.jpg/640px-Transtroemer.jpg&w=640&q=50)
Tomas Tranströmer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tomas Gösta Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015) was 'n Sweedse digter, sielkundige en vertaler.[1] Sy gedigte vang die uitgerekte Sweedse winters, die ritme van die seisoene, en die tasbare, atmosferiese prag van die natuur vas. Tranströmer se werk word ook gekenmerk deur die aanwesigheid van die geheimsinnigheid en wonder wat die alledaagse roetine van die lewe onderlê, 'n kenmerk wat dikwels 'n godsdienstige karakter aan sy gedigte verleen.[2] Hy is al beskryf as 'n Christelike digter.[3]
Tomas Tranströmer | |
---|---|
![]() Tomas Tranströmer tydens die Internasionale Konferensie van Skrywers en Literêre Vertalers, in Junie 2008 | |
Gebore | Tomas Gösta Tranströmer (1931-04-15)15 April 1931 Stockholm, Swede |
Sterf | 26 Maart 2015 (op 83) Stockholm, Swede |
Nasionaliteit | Sweeds |
Alma mater | Universiteit van Stockholm |
Beroep | digter, sielkundige |
Eggenoot | Monika Bladh |
Tranströmer is geprys as een van die belangrikste Skandinawiese skrywers sedert die Tweede Wêreldoorlog. Kritici het sy poësie geprys vir die toeganklikheid daarvan, selfs in vertaling. Sy poësie is al vertaal in meer as 60 tale. Hy was die ontvanger van die 1990 Neustadt Internasionale Literatuurprys, die 2004 Internasionale Nonino-prys en die 2011 Nobelprys vir Letterkunde.[4]