Tommy Lee Jones
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tommy Lee Jones (gebore op 15 September 1946)[1][2] is ’n Amerikaanse akteur en rolprentmaker. Hy het vier Oscar-benoemings gekry, en het een gewen vir beste manlike byspeler vir sy spel in die 1993-riller The Fugitive.
Kitsfeite Geboorte, Aktiewe jare ...
Tommy Lee Jones | |
Jones in 2005 by die Cannes-rolprentfees. | |
Geboorte | 15 September 1946 (1946-09-15) (77 jaar oud) |
---|---|
Aktiewe jare | 1970-tans |
Sluit
Sy ander noemenswaardige rolle was in die TV-minireeks Lonesome Dove, die Men in Black-fliekreeks, en in die prente No Country for Old Men, Batman Forever, Under Siege, Man of the House en Natural Born Killers. Hy het ook al werklike mense uitgebeeld soos die sakeman Howard Hughes, die Kongreslid Thaddeus Stevens, die tereggestelde moordenaar Gary Gilmore en die basketbalheld Ty Cobb.