Trans-Kalahari-Grootpad
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Trans-Kalahari-Grootpad (Engels: Trans-Kalahari Highway) is 'n belangrike hoofroete wat Namibië deur Botswana met Suid-Afrika en Mosambiek verbind.
Met die beplanning en konstruksie is daar in die vooruitsig gestel dat dit die belangrikste handels- en vervoerroete deur die Kalahari-woestyn sou word.
Tot die einde van die twintigste eeu, was die roete slegs 'n grondpad op meeste dele, maar sedert 1998 begin nuwe teerpaaie die verbindings vorm tussen Walvisbaai en Swakopmund aan die Atlantiese Oseaan met Maputo aan die Indiese Oseaan.
Die Trans-Kalahari-Grootpad word insgelyks vir heelwat privaat- en toeristeverkeer gebruik aangesien die nuwe pad van Windhoek na Johannesburg die afstand oor die suidelike roete via Upington met ongeveer 400 km verkort het.