Princeton-universiteit
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Princeton-universiteit is in 1746 gestig as die Kollege van New Jersey in Elizabeth, New Jersey en klasse het die volgende jaar begin. Die kollege was slegs oop vir mans. Dit het later geskuif na Newark en in 1756 na Princeton. In 1896 was die naam Universiteit van Princeton aanvaar.
Princeton-universiteit | |
---|---|
Die Princeton-universiteit se Cleveland-toring by die Graduate College | |
Latyn: Universitas Princetoniensis | |
Leuse: | Deī sub nūmine viget |
Leuse in Afrikaans: | Onder God se krag floreer hulle |
Leuse in Engels: | Under God's Power She Flourishes[1] |
Gestig: | 1746 |
Tipe: | Private universiteit |
Befondsing: | $21,0 miljard[2] |
President: | Christopher L. Eisgruber |
Personeel: | 1 172 |
Studentetal: | 8 010 |
Voorgraadse studente: | 5 336[3] |
Nagraadse studente: | 2 674 |
Doktorale studente: | 793 |
Ligging: | Princeton, Verenigde State
40°20′33″N 74°39′21″W |
Kampus: | Voorstedelik, 500 akkers (2,0 km²) (Princeton Borough and Township)[4] |
Kleure: | Oranje en swart |
Bynaam: | Tigers |
Affiliasies: | AAU URA NAICU[5] |
Webtuiste: | princeton.edu |
Die fakulteite het soos volg geopen:
- Skool vir Ingenieurswese – 1873
- Graduate School for non-professional higher studies in liberal arts and sciences – 1901
- Skool vir Argitektuur – 1919
- Woodrow Wilson School of Public and International Affairs – 1930
Suid-Afrikaners wat hier studeer het
- Barend du Plessis, Suid-Afrikaanse politikus en vorige lid van die Nasionale Party, asook die Minister van Finansies.
- Ds. Arnold Meiring, 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Sinode.
- Dr. William Nicol, 'n NG predikant, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en goewerneur van die Transvaal.
- Dr. Johannes Rudolf Albertyn, 'n leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n kenner op die gebied van armesorg en welsyn.
- Ds. Abraham Faure Louw jr., 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat sy hele bediening in die destydse NG Sinode van Midde-Afrika deurgebring het.
- Prof. dr. Barend Bartholomeus Keet, 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, hoogleraar aan die Kweekskool op Stellenboschen een van die vyf vertalers van die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans.
- Ds. Hendrik Adrian de Wet, 'n leraar in verskeie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
Verwysings
Bron
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.